Jy slaap ver vanaand
Dieselfde ritme elke maand
En jy droom weer alleen
Soos jy droom wonder ek waar gaan die ure heen
En ek wens ek kon saam speel
Dan het ons dalk 'n bed gedeel
En ek wens die wens was nie te veel
Ja dan het ons dalk 'n bed gedeel
Mnr. Dromer, ek wens ek kon soos jy droom
Sonder grense en perke nie bang vir die merke wat die lewe mag los
Mnr. Dromer ek wens ek kon soos jy glo
Vreesloos en vry soos jy droom net oor my en hoe die wêreld kon wees
Die gedagtes vat van my
Stukkies wat altyd by my sal bly
En jy sê jys weer op pad
Wonder of jy my stukkies saam jou gaan vat
En ek wens ek kon saam speel
Dan het ons dalk 'n bed gedeel
En ek wens die wens was nie te veel
Ja dan het ons dalk 'n bed gedeel
Mnr. Dromer, ek wens ek kon soos jy droom
Sonder grense en perke nie bang vir die merke wat die lewe mag los
Mnr. Dromer ek wens ek kon soos jy glo
Vreesloos en vry soos jy droom net oor my en hoe die wêreld kon wees
Laf wees soos 'n kind
Altyd 'n warrelwind
Lewenslus wat deur jou straal
'n Dromer in murg en staal
Laf wees soos 'n kind
Altyd 'n warrelwind
Lewenslus wat deur jou straal
'N Dromer in murg en staal
Ek wens ek kon saam speel